Karden Louw
Die Burger
Van Veen vemuwe denke 31 jan 2008

DIE BURGER, BRIEWEBLAD (ingezonden brief)

DIE gevierde Nederlandse kabaretster Herman van Veen het met Onder 4 ogen daarin geslaag om sy gehoor tot vernuwende denke te begelei.

Daar word nie verniet na die oë as die vensters van die siel verwys nie. Miskien wou Van Veen en die ewe talentvolle Edith Leerkes juis Onder 4 ogen as metafoor gebruik vir die psigiese reis waarop elke mens behoort te gaan.

Van Veen en Leerkes skep as 't ware 'n magiese samelewing op die verhoog, 'n Samelewing ver verwyderd van die dualistiese ruimtes waarbinne mense hulself graag begewe. Ek verwys spesifiek na die sogenaamde waarheid of algemeen verklaarbare teenoor die vreemde en selfs misterieuse. Van Veen en Leerkes verskafnie doelgerigte verduidelikings vir alles wat op die verhoog gebeur nie. Hul instinkgedrewe wyse van omgaan met die musiek en gehoor wys dat hulle in kontak is met hul innerlike self.

As multidissiplinêre kunstenaar gaan Van Veen uiters eerlik en effektief met verskillendheid om. Die inhoud van sy eksentrieke repertoire sluit ouerskap, godsdiens, die liefde en satiriese verwysings na die kunste in. Saam met Leerkes skep hy 'n gevoel van musikale ambience wat die gehoor uitdaag om vemuwend te dink, die kind in hom of haar te koester en helaas, bewustelik met sy of haar werklikheid om te gaan.

Encore vir Van Veen en Leerkes se uitmuntende vertoning in die Endlersaal. Dit was opmerklik teenstrydig met die kontemporêre vervlakking waaraan ons daagliks blootgestel word.


KARDEN LOUW Stellenbosch