Marlise Scheepers, Beeld (SA) 11 jonge geitjes tonen stadions
5 april 2006

schreef 5 april 2006 in BEELD (SA) Elf kinders in Soweto gaan binnekort gekies word om in 'n Nederlandse televisieprogram op te tree wat spesiaal gemaak word vir die 2006 Węreldbeker-sokkertoernooi wat in Duitsland aangebied gaan word. Die program word deur die bekende Nederlandse kabaretkunstenaar Herman van Veen gemaak.

Van Veen is 'n gereelde besoeker aan Suid-Afrika en volgens mev. Christien Coetzee , woordvoerder, ook 'n geesdriftige sokkerondersteuner.

Tydens die program, De WK show met Herman van Veen en Jan de Man , gaan die kinders van Soweto optree as 'n denkbeeldige sokkerspan wat na verskillende sokkerstadions en sokkerklubs in Soweto gaan om Nederlanders te wys waar die Węreldbeker-toernooi in 2010 in Suid-Afrika gaan plaasvind.
"Die produksiespan gaan op 17 April in die land aankom wanneer oudisies gedoen sal word," het Coetzee gister gesę.

Dié familieprogram van agt episodes word van 19 tot 21 April in Soweto opgeneem.