Maricelle Botha maakte 2 sept 2006 voor Die Burger het volgend interview


'Kuns moet 'n teken wees .. .'n taal'
Nederlandse ster eerste keer in die Baai

Die Nederlandse kabaretmeester Herman van Veen maak vandeesmaand die eerste keer sy bulging op Baaise verhoe. MARICELLEBOTHAhetpere-posmet die kleurryke kunstenaar gesels.


EEN van die heerlikste dinge om-trent die kunste is dat dit soos 'n bodemlose put is. Die mens se skeppingsvennoe is nimmereindi-gehd en skeppers is almal ewe gretig om persoonlike invloede aan hulle gehore voor te stel. Dit is die duidelike vervlegging van wat be-kend is met dit wat nuut is en die voortdurende herverwerking van veral musiek wat sorg dat daar ikone soos Nina Simone, Billy Holiday, Jacques Brel, Freddie Mercury en Elvis is wat nog lank vir die nageslag verborge sal biy.
Hoewel daar nog bale ink in die pen van Herman van Veen is, is hy reeds in die "lewende"-afdeling van die klas en is hyselfen kunste-naars wereldwyd nog hard besig om die Van Veen-gospel na die mense te bring.
Dit is wat hy te se net oor sy kleurryke doen en late:

Jou werk het 'n integrale rol in kuns wereldwyd gespeel. Is dit vir jou 'n doelgerigte missie om die kunste te bevorder?
Ek hoop nie dat dit op die verhoog lyk asof ek 'n kunsmatige rol speel of missie het nie. Kuns is wat ons van diere onderskei. Ek is van mening dat dit nie kan skaad nie. Kuns is 'n vorm van beskawing, 'n moontlik-heid om te kommunikeer. Kuns mag, wat my betref, nooit moralis-ties wees nie, maar moet 'n teken wees... 'n taal.

Jy word beskryf as musikant, ak-teur, liedjieskrywer en skry-wer. Hoe sien jy jouself en hoe sal jy eendag onthou wil word?
Ek is veral 'n musikant wat dit geweldig geniet om te sing, te speel en te vertel oor wat daar rondom ons en in my wese gebeur. Wat my betref hoef mense my nie te onthou nie.

Na 138 CD's, 11 DVD's, 60 boeke en meer, waiter uitdagings biy oor? Wat het jy nog nie gedoen nie?
Ek sou dit alles weer doen, maar anders! Korter en ryper!

Menige Suid-Afrikaanse musici beskou jou as mentor en ikoon. Is daar nog dinge vir jou te leer, of is jy in 'n stadium van jou loopbaan waar jy oorwegend die mentor-rol aanneem?
Die leerproses is voortdurend en sender einde. Die res is herinne-ringe. Daaroor mag 'n mens fanta-seer. Dis 'n groot kompliment om te weet dat daar mense is wat dit wat ek doen, van belang ag.

Liefdadigheid Ie jou na aan die hart en jy is ook bekend vir die werk wat jy in Suid-Afrika doen. Hoekom is dit vir jou so belangrik?
Ons het 'n verpligting teenoor alle mense - groot en klein, wat nie so bevoorreg as ons is. Ek sien dit as 'n vriendelike plig. Ek sou self nie bestaan het as mense my ouers nie vlak na die Tweede Wereldoorlog gehelp het nie.

Hoekom kom jy altyd terug na Suid-Afrika om hier op te tree?
Op een of ander manier is Suid-Afrika verslawend. Dis die land, die lug, die fenomenale verskille, die ongereptheid, die skande, die geur... Dit trek my altyd weer aan. Ek kan hier op 'n manier weer asemskep en tot verhaal kom.

Wat verwag jy van jou optrede in Port Elizabeth, en wat kan gehore verwag met die eerste kennisma-king?
Ek was nog nooit in Port Elizabeth nie en weet dus nie wat om te verwag nie. Ons gaan ons bes doen om die mense 'n onvergeetlike aand te besorg met musiek, liedjies, verhale, sin en onsin!


o Herman van Veen se produksie Hoed A/is op 9 September om 20:00 te sien in die Port Elizabethse Operahuis. Kaartjies kos R225, R185, R155 en R125. Dit kan be-spreek word by Computicket.