Christien Coetzee gaf 27 april 1999 de volgende persverklaring uit
Persverklaring
PERSVERKLARING
Herman van Veen, die internasionaal bekende Nederlandse kabaretkunstenaar, besoek Suid-Afrika binnekort vir
die amptlelike opening van die Columbine Geboortekliniek by die Ndluvo Mediese Sentrum in Elandsdoorn, naby
Groblersdal op 17 Mei 1999.
Die kliniek is een van die projekte wat onder beskerming van die Herman van Veen
Stigting staan en deur die Stichting Columbine gefinansier word.
Tydens die res van sy besoek sal Herman van
Veen ontmoetings met uitgewers en verskeie filmprodusente hêê, om oor toekomstige projekte, o.a. 'n moontlike
filmproduksie, in Suid-Afrika te praat. Twee privaat konserte is ook in 'n beplanningstadium. Weens
organisatoriese struikelblokke is 'n konserttoer na Suid-Afrika vir Herman van Veen tans uitgesluit.
Die openingsgeleentheid van die Ndluvo Mediese Sentrum en Columbine Geboortekliniek op 17 Mei, sal o.a.
bygewoon word deur die premier van Mpumalanga, Matthews Phosa. Besoekers sal die kans gegun word om die
reeds voltooide kliniek, omliggende sportgronde, bakkery en dagskool vir kleuters te besigtig.
Die geleentheid sal afgesluit word deur 'n kort konsert waarin Herman van Veen en die bekende
Nederlandse kitaarspeelster, Edith Leerkes, saam met die Groblersdal Primary School se koor sal optree.
'n Tweede fase van die ontwikkelingprojek, geborg deur die Herman van Veen Stigting, is om 'n kultuursentrum
aan te lêê wat onderdak sal bied aan 'n musiekskool, teater en 'n plaaslike radiostasie. Hier sal kennis
en kulturele waardes uitgeruil kan word en geleenthede geskep word om talent te ontwikkel en te ontplooi.
Toekomstige projekte wat tans ondersoek word is die bemarking van Suid-Afrikaanse wyn, ten bate van die
Herman van Veen Stigting, in Nederland. Winste sal ten bate van studiebeurse vir minderbevoorregte
Suid-Afrikaanse studente aangewend word.
Die Herman van Veen Stigting is in 1997 tydens Herman van Veen
se konserttoer in Suid-Afrika deur hom in die lewe geroep. Die Stigting se doelwit is om kinders te help
en te lei om hul kreatiewe talente en gawes te ontwikkel en uit te leef.
Die Stigting het vier bronne van
inkomste: geld uit die verkope van "Herman van Veen Goods" (t-hemde, truie, pette, reëënbaadjies en ander
artikels) by konserte; opbrengste uit die eksklusiewe verkoop van Alfred Jodokus Kwak handelsware aan die
Vroom & Dreesman kettingwinkel in Nederland; finansiele bydraes van die Stichting Columbine, wat projekte
op die gebied van gesondheid, opvoeding en werksskepping in ontwikkelingslande en in Nederland organiseer
en ondersteun. Die Stigting maak staat op skenkings van individue.