Herman Wasserman schreef 19 juni 2001 in Die Burger (ZA)

Van Veen vertel slegs wat hy self ervaar



HERMAN VAN VEEN sien daar ontspanne uit waar hy op die stoep van die gastehuis die vorige aand se vertoning in heroŽnskou neem. Aan die begin van die aand, sÍ hy, was hy nog huiwerig oor die taalverskil, of die gehoor alles sou begryp. Maar nŠ twee liedjies, het hy besef "ons is vriende in die taal".

Hyself kan Afrikaans ook al makliker verstaan sedert sy vorige besoeke aan die land. Sy vertoning, wat heelwat elemente van sy vorige Kaapse optrede herhaal, is egter nie spesifiek gemik op Suid-Afrikaanse gehore nie, sÍ hy, maar "gewoon die dinge wat my vandag interesseer". Hoewel sy Suid-Afrikaanse aanhangers telkens versoeke uitroep vir van sy treffers - sy huidige konserte bevat minder van sy alombekende treffers, en selfs 'n lied wat nog nie voorheen uitgevoer is nie - is sy konserte hoogs persoonlik.

" 'n Vertoning is altyd 'n wandeling deur my lewe," sÍ hy. "Ek wil vertel hoe dit op die oomblik met my gaan. As ek gehoor gee aan versoeke, raak ek 'n klimtol." Sy huidige konserte is grootliks gestruktureer rondom sy ouers, wat onlangs oorlede is - die rede waarom 'n toer verlede jaar afgestel is.

Van Veen is, soos dikwels die geval is met Europese besoekers, ook gaande oor die Suid-Afrikaanse natuurskoon, die groot afstande en die klimaat. Hy raak filosofies daaroor: "Dis asof tye mekaar hier ontmoet. NÍrens anders is die grens tussen ons en die tyd so groot nie. In Suid-Afrika is soveel oorspronkliks nog intakt. Ek wil die wÍreld dit toebrul: 'Bewaar dit! Moet dit nie vercocacolaseer nie!' "

Tog, as 'n mens verwag het dat Van Veen se besoeke aan Suid-Afrika neerslag sou vind in sosiale kommentaar in sy optrede, sal jy teleurgesteld wees. Wel sing hy twee liedjies in Afrikaans en pas hy van sy grappies en vertellinge (heelwat uit sy kortverhaalbundel Verhale, vertaal deur Daniel Hugo) aan vir 'n Afrikaanse gehoor, maar sy metafoor vir onreg of lyding bly Europees, met name veral die Tweede WÍreldoorlog. Waarom het hy vroeŽr, in sy lied "Signaal", van "de apartheidswaan" gesing, maar sÍ niks oor die hedendaagse Suid-Afrika nie?

"Want ek het nie die reg nie. Dit is vir my 'n etiese beginsel om slegs te vertel oor hoe ek die wÍreld ervaar. As mense dit so verkies, kan hulle hulself in my vertellings spieŽl. As ek byvoorbeeld my 'Kyrie Eleison'-lied sing, vra ek: 'Ontferm U tog oor ons spul losers.' Maar ek kan nie as 'n ingevliegde EuropeŽr my uitspreek oor 'n situasie wat ek subjektief ervaar nie.

"My betrokkenheid by Suid-Afrika lÍ eerder op die vlak van die daad. Ek het baie geld hierheen gebring, en eerder as om op 'n verhoog te gaan polemiseer, doen ek iets daadwerkliks." Van Veen verwys na sy talle ontwikkelingsprojekte in Suid-Afrika, soos die Herman van Veen-stigting wat onderwysprogramme en kulturele aktiwiteite steun, soos 'n studiefonds, 'n geboortekliniek in Mpumalanga en 'n Pretoriase jeugorkes.

Toe hy die eerste keer die land besoek het, sÍ Van Veen, was hy "in 'n skoktoestand" oor die littekens van die verlede wat hy oral kon sien. "Dit was so erg dat dit my verlam het - ek was stomgeslaan, en het myself afgevra hoe dit in godsnaam moontlik kan wees vir so iets om te gebeur. Toe het ek die stigting opgerig."

Maar is die betrokkenheid by maatskaplik-politieke vraagstukke nie 'n essensiŽle deel van kabaret nie?

"Ek beskou myself nie as 'n kabaretkunstenaar nie. 'n Kabaretkunstenaar is iemand wat die aktualiteit karikaturiseer of ironiseer op 'n nie noodwendig professionele manier nie. Daarenteen is 'n kleinkunstenaar professioneler in sy omgang met die muse. Dit word egter altyd gedoen vanuit sy eie kultuur - dis heel volks. Maar kleinkuns kan wel maatskaplike aspekte bevat. Ek is egter 'n musikant. Als wat ek doen, vertrek vanuit die musiek.

"Taal is wel die spieŽl van my siel, maar dis minder van 'n intellektuele voertuig as in kleinkuns of kabaret. Ek staan eerder in die tradisie van die troebadoer." Soos Stef Bos, dus, wat ook hier 'n stewige aanhang het?

"Ek weet nie veel van Stef Bos nie, behalwe dat hy ook van Utrecht kom, min hare en blou oŽ het. Maar ons het bietjie dieselfde benaderingswyse, ons is op 'n manier broers. By hom is die lied egter primÍr, by my is humor meer belangrik. Ek is in die eerste plek 'n clown."

Noudat hy die humor noem . . . Sy vorige vertoning in Kaapstad het, as die geheue 'n mens nie in die steek laat nie, heelwat meer erns en melancholie bevat. Dit wil voorkom asof hy veel meer grappe maak in sy huidige vertoning, meer steun op lawwighede en selfs slapstick. 'n Mens wonder of dit iets te make het met hoe hy sy gehoor takseer? Of konsentreer hy in die algemeen deesdae meer op die ligter sy?

"Vreugde speel beslis 'n al groter rol in my werk. Daar is minder refleksie en meer humor. Dis iets wat met die tyd kom. As ek deesdae op 'n wandeling 'n blom teŽkom, voel dit vir my soms asof ek nooit weer daarvan wil weggaan nie. Waar ek vroeŽr 'n boek een keer deurgelees het, lees ek dit nou vier keer," sÍ hy op tipies kripties-poŽtiese wyse om iets te kenne te gee van sy gewaarwordinge. Net soos hy telkens met anekdotes wys op die ironieŽ en die paradokse van bestaan. Soos 'n vrou met 'n hartsiekte wat hy op 'n lughawe ontmoet het, vir wie haar sukkelende staptog van die vliegtuig na die aankomssaal 'n verder reis was as die duisende kilometer wat sy per vliegtuig van Europa afgelÍ het.

Nee, hy vind die Suid-Afrikaanse gehore allermins oppervlakkig. Die Suid-Afrikaanse publiek stem vir hom ooreen met die Vlaamse en die Oostenrykse, "relatief rustig, minder ekstrovert as byvoorbeeld Frankryk".

"Dis 'n filosofiese publiek, wat met ingehoue asem luister en nadink. Die saal is soms oorverdowend stil. Daar was tye gisteraand dat ek dog: 'mense, 'seblief, asem nou uit, anders kom ons vanaand almal hier saam om!"






terug naar de index