Mariana Malan

Herman van Veen bied kos vir jou siel

15 januari 2017

Kaapstad het Saterdag 'n verkwikking tussen wind en brande, die harwar van terugkeer skool toe en gepaardgaande verkeersknope beleef. Die Kunstekaap-operahuis het vir sowat twee uur 'n klein oase geword waar jy kos vir jou siel kon vind.


Die konsert is eenvoudig Herman van Veen in konsert genoem. Die speellys wat aan- gevra word, is op een bladsy getik met handgeskrewe aanteken inge daarby. Alles lvk so eenvoudig. Die vyftal op die verhoog wissel skynbaar moeiteloos verskillende instrumente met mekaar af en sing boonop. Van Veen se fyn voetwerk en soms selfs hansworsten' kom ook natuurlik en flink sonder dat hy eens uitasem raak.

Juis omdat alles so maklik lyk, weet jy dat die teendeel waar is.
In 'n onderhoud vroeër het hy gesé 'n konsert is vir hom soos 'n dagboek van sv bestaan. die verhoog is 'n plek om te wys waar hy in hlerdie stadium van sy lewe is.

Dis daarom nie vreemd nie dat hy hierdie keer effens meer ingetoë en introspektief voorkom as vorige konserte wat hy ai gehou het.
Daar is besinning oor ouer word. 'n mens se plek in die lewe, eensaamheid, herinnering uit sy kinderdae, wysheid van sy ouers en klein dingetjies wat skielik meer saak maak as dinge wat eers nagejaag is.

Moet nou net nie 'n droefgeestige besigheid verwag nie. Waar hy die een oomblik nog besin oordat daar geen medisy* ne is vir eensaamheid en pyn nie, kry hy dit die volgende oomblik reg om jou te laat skater met 'n totale onsinnigheid.
As jy gelukkig is, sien jy sy siening van opera, herinneringe aan hoe hy op skool altyd net wou sing en 'n skielike skrikmaak wanneer hy 'n sprokieskarakter se naam uitgil. Van Veen se naam kan amper nie sonder dié van Edith Leerkes genoem word nie. Die twee is al jare lank saam op die verhoog. Sy verras hierdie keer met haar sang wat indruk maak, maar tog nog 'n tree terugstaan vir haar fenomenale kitaarvaardighe id.

Ook die sanger en violis Jannemien Cnossen en kitaar- en kontrabasspeler Kees Dijkstra sit geen voet verkeerd nie, laat geen noot glip nie. Maar die een na wie 'n mens eenvoudig nie kon ophou kyk nie, is Gaëtane Boucbez (mevrou Van Veen as hulie tuis is). Die danser in haar weier om te skuil. Elke beweging wat sy doen, lyk soos 'n inter pretasie van woorde wat gepraat of gesing word. Sy sing selfs 'n paar keer, maar sy bekoor meer met haar beweging na die mikrofoon as met die sangself .

Waar daar meer as een kunstenaar op 'n verhoog is, kan dit gebeur dat elkeen maar net ingestel is op sy eie klein rol in die gebeure. Hier is daar elke oomblik interaksie. oogkontak, 'n ooglopende genot van saam op die verhoog wees.


Herman van Veen In konsert word nog Vrydag en Saterdag in die Oude Llbertas-amflteater op Stellenbsoch aangebied. Bespreek by Computicket.



Mariana Malan