WALDIMAR PELSER schreef 17 juni 2001 in Die Burger

Kabaretster in Kaap sonder bagasie



KAAPSTAD. - Die Hollandse kabaretster Herman van Veen gaan straks vanoggend die winkels invaar vir 'n kostuum en rekwisiete nadat sy tas nie gisteroggend saam met hom in Suid-Afrika aangekom het nie.

By 'n repetisie gisteraand vir vanaand se optrede in die Kunstekaap-teater het Van Veen nie erg ontsteld oor dié ongeluk gelyk nie.

Volgens hom kos sy klere nie te veel nie, maar het wel sentimentele waarde gehad.

Dat hy dalk hier 'n nuwe broek, hemp en skoene moet koop - as sy bagasie nie vanoggend uit Londen aankom nie - beteken egter nie hy gaan in 'n eg Suid-Afrikaanse gewaad op die verhoog verskyn nie.

"Ik ben een Hollander. Het zou dramaturgisch oneerlijk zijn," het hy met ondeunde waardigheid gesê.

Vir sy twee Kaapse vertonings (vanaand en môre) en vier in Roordepoort en Pretoria behoort hy ter plaatse iets vir "props" te kan prakseer, het hy gesê.






terug naar de index