– Kobus Burger schreef
7 mei 1999 in Beeld (ZA)
Van Veen beplan boek oor SA
Herman van Veen beplan 'n boek oor sy wedervarings tydens sy Suid-Afrikaanse
konsertbesoek in 1997. Dié Nederlandse kabaretkunstenaar, komponis en rolprentmaker
besoek die land eersdaags vir die opening van die Ndlovu- Mediese Sentrum in Elandsdoorn,
Mpumalanga. Tydens sy besoek sal hy met Suid-Afrikaanse
uitgewers praat oor die moontlike publikasie van die boek.
Van Veen het onlangs sy jongste fliek, Nachtvlinder, voltooi en wil
dit nou ook hier versprei. Hy het die draaiboek geskryf en was ook die regisseur.
``Dis 'n fliek oor dag en nag, lewe en dood,'' het hy tydens sy
1997-besoek gesê. ``In wese handel dit oor 'n man wat siele vang.
``Hy is 'n Mefisto-agtige figuur, 'n man van kennis, wat die wese
van die mens wil begryp en vang.'' Die temalied van die fliek,
Butterfly, kan gehoor word op die album 'n Teer gevoel, wat tydens
Van Veen se konsertbesoek in 1997 hier uitgereik is.
Die album bevat Afrikaanse vertalings van sy werk deur die
Afrikaanse digter en omroeper Daniel Hugo.
Van Veen het tydens sy toer
twee jaar gelede 'n Nederlandse dokter, Hugo Tempelman, en sy vrou, Liesje, ontmoet.
Die Tempelmans het die Ndlovu-sentrum naby Groblersdal opgerig. Die sentrum
en kliniek word nou deur die Herman van Veen-Stigting geborg. Van Veen het dit
twee jaar gelede in Benoni begin om kinders te help om hul kreatiewe talent te
ontdek en ontwikkel.
terug naar de index