MARLISE SCHEEPERS schreef 5 april 2006 in Die Burger (SA)


Van Veen kry 'sokkersterre in Soweto'




JOHANNESBURG.
Elf kinders in Soweto gaan binnekort gekies word om in 'n Nederlandse televisieprogram op te tree wat spesiaal gemaak word vir vanjaar se Wêreldbeker-sokker-toemooi wat in Duitsland aangebied gaan word.
Die Program word deur die bekende Nederlandse kabaret-kunstenaar Herman van Veen gemaak.
Van Veen is 'n gereelde besoeker aan Suid-Afrika en volgens mev. Christien Coetzee, woordvoerder, ook 'n entoesiastiese sokkeronder-steuner.
Tydens die program, De WK show met Herman van Veen en Jan de Man, gaan die elf kinders van Soweto optree as 'n denkbeeldige sokkerspan.
Hulle gaan na verskillende sokkerstadions en sokkerklubs in Soweto om Nederlanders te wys waar die Wereldbeker in 2010 in Suid-Afrika gaan plaasvind.
"Die produksiespan gaan op 17 April in die land aankom, waarna oudisies gedoen sal word," het Coetzee gister gesê.
"Dit is 'n familie-program van agt episodes wat veral op kinders gaan fokus."
'n Opname van dié televisieprogram sal vanaf 19 tot 21 April in Soweto gemaak word.



Marlize Scheepers