– Thys Odendaal schreef 4 mei 2000 in Beeld (ZA)
Herman van Veen se SA besoek uitgestel
Herman van Veen ... kom beslis later.
Die enigmatiese Nederlandse kabaretmeester Herman van Veen se toer na Suid-Afrika is
afgestel.
Van Veen moes sy besoek kanselleer weens die dood van sy ma en
die ernstige daaropvolgende hartaanval van sy pa. Die konserttoer sou oor
net meer as drie weke, op 20 Mei, in Kaapstad begin, waarna ook Port Elizabeth,
Roodepoort en Pretoria aan die beurt sou kom. Van Veen se
Suid-Afrikaans gebore Nederlandse agent, Christien Coetzee, het
laat weet dat hy bitter spyt is dat hy nie sy verpligtinge nou kan nakom nie.
``Hy hoop om so spoedig moontlik aan te kondig wanneer hy Suid-Afrika wel
sal besoek.'' Die gewildheid wat hy in Europa en elders in die buiteland geniet,
maak die herbeplanning van 'n konserttoer ingewikkeld. Ondanks die
uitstel van die toer, sal Queillerie-uitgewers soos beplan voortgaan met
die publikasie van sy boek Herman van Veen: Verhale, maar die
uitreiking van sy jongste CD sal ook eers later plaasvind. Mense het
druk bespreek vir Van Veen se konserte en die talle bewonderaars kan hul
geld by enige Computicket-tak terugeis.
Van Veen se voorgenome besoek was
een van die weinig ligpunte vanjaar op die Suid-Afrikaanse kunstetoneel,
maar ten minste bly dit 'n aangename vooruitsig.
terug naar de index