In het volksblad van 3 juni 2002:

Van Veen nooi Hougaard vir rol

DIE sangeres Karin Hougaard vertrek eersdaags na Nederland op uitnodiging van Herman van Veen, waarskynlik Europa se grootste kabaretkunstenaar. Hougaard is genooi om deel te wees van die eenvrouproduksie The First Lady, a biography in verse and song of Jacqueline Bouvier Kennedy Onassis uit die pen van Herman van Veen en Lori Spee (ook 'n bekende op Europese verhoë). Hougaard sal instaner (``understudy'') wees vir Spee wat die rol van Jackie Kennedy vertolk.

``Dit is 'n ongelooflike voorreg om saam met iemand soos Van Veen te gaan werk. ``Ek bewonder jare lank al sy talent as sanger, musikant, komponis, akteur, komediant en skrywer.
``Ek beskou dit ook as 'n reuse-kompliment dat hy 'n Suid-Afrikaner na Europa ``invoer'' vir dié Amerikaanse projek wat in Engels aangebied word,'' het Hougaard gesê.
Van Veen is ook die regisseur vir die produksie wat in Junie in verskeie teaters in Nederland opgevoer sal word.