2 februari 2005 verscheen in LitNet in Zuid Afrika

Karin Hougaard na die lae lande



Afstand brings soms mense nader en dis beslis die geval met Karin Hougaard en Herman van Veen se samewerking oor kontinente heen. Hougaard kollaboreer die afgelope 4 jaar reeds saam met Herman van Veen aan produksies soos The First Lady in 2002/2003 en Karin Hougaard sings Queen (2003).

Herman van Veen het min bekendstelling nodig - sy eerste digbundel sien in 1969 die lig en sy eerste boek Alfred Jodocus Kwak verskyn in 1979 en word in 20 tale vertaal. Hy het reeds 132 CDs, 6 DVDs en ongeveer 60 ander boeke gepubliseer waaronder ook die rolprente Uit Elkaar, Nachtvlinder, en die musiek teaterproduksie The First Lady.



Karin Hougaard is reeds die afgelope 25 jaar 'n huishoudelike naam en is bekend vir ondermeer trefferalbums soos Eerste Afspraak, Bly en Metamorph. Laasgenoemde album se verhoogproduksie in 1999/ 2000 is geloof as "grensverskuiwend" en het by beide die KKNK sowel Aardklop met die toekennings as beste produksie weggeloop. Beide The First Lady sowel as Karin Hougaard sings Queen was met groot welslae aangebied by dieselfde kunstefeeste en was beide gelys onder die top 5 produksies op die fees. Vanjaar word die samewerking tussen Nederland se Van Veen en Suid-Afrika se Hougaard voortgesit met 'n uitnodiging in Februarie na Leeuwarden, Friesland om 'n nuwe Herman van Veen produksie oor die lewe van Mata Hari te werkwinkel. Asook 'n uitnodiging om in Antwerpen, Belgie op te tree in Maart tydens die Nekka Nacht en Herman se 60e verjaarsdag feesvieringe. Hougaard is die enigste Suid-Afrikaner wat genooi is om op te tree - 'n geweldige voorreg en eer.

Hougaard is tans besig om te werk aan HARTSTUKKE haar eerste uitsluitlik Afrikaanse album in meer as 'n dekade. Die album sal in die handel beskikbaar wees teen die tweede helfde van die jaar.