Eind juli 2005 verscheen het volgende persbericht in Zuid Afrika
VAN
VEEN NA 40 JAAR STEEDS VARS
Suid-Afrikaners
sal die geleentheid hê om die beroemde Nederlandse kabaretmeester, Herman van
Veen, in Augustus/September vanjaar in aksie te sien. "Hoed af, Herman van
Veen" sal in Kaapstad Johannesburg en Pretoria opgevoer word. Kaartjies is
nou beskikbaar by Computicket.
Die
bekende Amerikaanse aktrise, Shirley MacClaine, het by geleentheid oor Van Veen
gesê: "What he does is a dying art. He really insists on giving you an
experience with yourself."
Dis
nie maklik om Herman van Veen se verhoogstyl te definieer nie. Hy sing soos 'n
minnesanger, kan jou vasnael in jou sitplek met sy stories, die viool bespeel
met 'n sigeuner-passie en altyd verras met een of ander onverwagse grapmakery.
Na 40 jaar op die verhoog is daar nog geen tekens van stagneer by hierdie
aktiewe kunstenaar nie. Hy kom altyd met iets vars vorendag. Hy komponeer, neem
elke jaar twee tot drie CD's op, het al 9 DVD's vrygestel, skryf lirieke, boeke
(vir volwassenes en kinders) en draaiboeke en doen regie. In Europa word hy ewe
veel deur gehore en die pers bewonder en is sy skedule drie jaar vooruit
volbespreek.
Hy
is een van die weinig nie-Franse kunstenaars wat dit kon regkry om gehore by die
beroemde Olympia Teater in Parys, waar kunstenaars soos Brel, Piaf en Montand
beroemd geword het, aan sy voete te hê.
Van
Veen is 'n toegewyde filantroop en mede-stigter van vier stigtings wat veral
daarop ingestel is om na die regte van die kind om te sien. In 2004 is hy vereer
met die "World Peace Flame", 'n simbool vir vrede, vryheid, eenheid en
waarheid, geïnspireer deur die ewige vlam wat brand in die huis van Mahatma
Ghandi.
Die
Herman van Veen Foundation is ook aktief betrokke by projekte in SA, soos die
Colombine geboortekliniek en 'n eko-opvoedingsprojek in Mpumalanga.
"Hoed
af, Herman van Veen" word aangebied in die Kaapse Internasionale
Konferensiesentrum op Sa. 27 Augustus om 20h00, by die Mosaïek in
Johannesburg op Do. 1 September om 20h00 en in die SA Staatsteater in
Pretoria op Sa. 3 September om 15h00 en 20h00. Besprekings by Computicket.
Vir verdere inligting: www.hermanvanveen.co.za
Vir
verdere inligting, foto's of onderhoude:
Christien
Coetzee
Publisiteit
en skakelwerk Herman van Veen 2005
Diva
Management vir Muse Events
chris_diva@telkomsa.net
084
356 8833
Persvrystellings
is beskikbaar in Engels en Afrikaans.
webwerf:
www.hermanvanveen.co.za
of www.hermanvanveen.com
"Die
spanningsboog strek tot by die laaste akkoord. Watter dramaturgie!"
Rheinische
Post
"Nes
jy dink jy verstaan hom, is hy alweer heeltemaal anders. 'n Briljante program
sonder swak plekke."
Potsdamer
Neueste Nachrichten