thys odendaal schreef in Konsert (Zuid Afrika) in 1996


die Blesman kom weer




Uiteindelik, na sy magiese opelug-konsert verlede jaar op Oudtshoorn, is Herman van Veen vandeesmaand terug met 'n landwye toer, Hy is so Hollands soos kaas en tulpe, en seker een van die Laelande se gewildste uitvoerprodukte. Met musiekinstrument in die hand, gepoleerde stem en narrestreke, bly Herman van Veen 'n variété-kabaret-kunstenaar en humanis van formaat, en by uitstek ook 'n wereldburger.

Na hy verlede jaar sy betowering by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vir die eerste keer aan die suidpunt van Afrika kom uitstort het, keer hy vandeesmaand na Suid-Afrika terug. Ook me 'n oomblik te gou nie.

Met sy bleskop dikwels verskuil onder 'n hoed, is dié veel-sydige verhoogkunstenaar agter die mikrofoon 'n virtuoos van taal en lied, so enigmaties soos kan kom, maar sy eiesoortigheid is nie truuks of foefies nie. Met mimiek en ekspenmentele beweging, rekwisiete en blitsige kostuumrui-lings is hy die hele verhoog vol. Die gehoor moet byhou, want hy wag vir niemand nie, hy bespring jou as 't ware. Sy aanslag is satiries, en wanneer hy jou nie laat skater nie, laat hy jou dink, mymer en onthou. En hy sprak 'n sprook wat oraloor aanklank vind België tot op Broadway, van Chicago tot Carnegie Hall, van Wenen en Berlyn tot in Londen en terug in die Lae lande.

En hy perform! Nou stil, ingetoë: dan weer huppelend, bekkig en vol draadwerk. (Op Oudsthoorn verlede jaar was 'n hele paar feesgangers ontstig omdat hy sy broek afgetrek en sy blink kant vir die gehoor gewys het!)
Waar ook al die Van Veen-fenomeen anker gooi, daar vra die gehore om meer. Die Christian Science Monitor het die 51-jarige "uilspieël" beskryf as "A one man Apocalypse" en die Frankfurter Allgemeine het hom beskryf as "die grootste kunstenaar van die kleinkuns".
Dié meester van musiek - hy sing en speel die viool - het nie minder nie as vyftig opnames in vier tale op sy kerfstok. 'n Klein versameling van sy lirieke en gedigte, Op pad huis toe, uit Hollands in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo (met Engelse vertalings daar-naas deur Lon Spee), is ook nou beskikbaar, uit-gegee deur De Cirkel-uitgewers.
Daaruit Ten slofte:

Ek wil nie meer as
'n melodie wees nie
laat my sing
straal
beweeg
in 'n brose stilte
agterbly
gaan stort
drink
met vriende praat
slaap
wakker word
en kinders sien.